SA Skole Swem Kampioenskappe. Bay-Linn Oelofse en Cay-Dinn Oelofse is tydens die SA Skole Swem Kampioenskappe gekies vir die Vrystaatspan. Die span gaan aan die SA Skole Swem Kampioenskappe deelneem by Kings Park in Durban vanaf 20 tot 24 April.
Die Oelofse boetie en sussie is die enigste twee swemmers van Parys wat die span gehaal het. Tydens die SA Kampioenskappe gaan daar ‘n span gekies word wat later in die seisoen teen al die Afrika lande gaan deelneem. Voorwaar n groot prestasie vir die 2 swemmers van Parys!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf