SA skole Rugby. Hoërskool Outeniqua, George, is baie trots op hul vyf SA Skole Rugby spelers. Hierdie vyf is aangekondig na afloop van die onlangse Cravenweek in Kaapstad!
Hierdie prestasie is uitsonderlik en kan toegeskryf word aan klipharde en toegewyde oefeninge sedert 2021. Danksy uitstekende fasilieite en afrigters by Outeniqua, word seuns die geleentheid gebied om hul maksimum potensiaal te bereik. Al vyf van die SA Skole rugby span beleef ook ‘n uitstekende seisoen vir die eerste rugbyspan van die Kwaggas.
Onder leiding van hul afrigters, Abré Minnie, Henry Grimes, Heinrich du Plessis, Jandre Blom en Ian Hattingh is die eerste span tans ook onder die Top 10 rugbyskole in Suid Afrika gelys. Voorwaar iets waarop Hoërskool Outeniqua baie trots kan wees. Dit is vir die skool ‘n voorreg om deel te kan wees van hierdie vyf SA Skole rugby spelers. Outeniqua is ook baie trots op die hele eerste rugbyspan groep wat hulle alles gee vir die “Swart Trui”.
Interskole teen Stellenberg
Die eerste span speel eerskomende naweek teen Hoërskool Stellenberg in Kaapstad. Die Kwaggas wens hulle voorspoed toe vir hierdie groot wedstryd! Al vyf hierdie seuns speel Saterdag vir Outeniqua se eerste span.. Antonio Bruinders is die kaptein van die span. Die interskole teen Stellenberg is altyd ‘n hoogtepunt op Die Kwaggas se wintersport program. Op Vrydag, 22 Julie, vertrek meer as 600 van Outeniqua se leerders na Kaapstad. Die sportsoorte waaraan hulle gaan deelneem, is rugby, hokkie, netbal, tennis, muurbal en skaak.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf