SA Skole Atletiekkampioenskappe. Die SA Skole Atletiekkampioenskappe vind vanaf 3 tot 6 April in die Paarl plaas. Twee van Fichies se atlete, Ruan Kriel en Malan van Rensburg, het die laaste afrondingsoefeninge onder die wakende oë van mnr Louw Prinsloo gister voltooi.
Die Fichie atlete wat gaan deelneem:
- Judy Watson
- Zandri van Niekerk
- Su-Hesri van Zyl
- Miike van der Merwe
- Mari Truter
- FT Fick
- Alwyn Olivier
- Matthew Durow
- Ruan Kriel
- Malan van Rensburg
Vir twee oud-Fichies, Danelle van Rensburg en Cilethe Julies, wat pas teruggekeer het van die SA Studentekamp in Stellenbosch, is afronding belangrik en speel mnr Prinsloo as afrigter ‘n baie belangrike rol.
Hierdie twee atlete neem vanaf 4 tot 6 April saam met juf Yolandi Stander aan die SA Studentekampioenskap in Stellenbosch deel.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf