SA Skole Atletiekbyeenkoms 2026. George se Megan Botha skitter op die nasionale verhoog!
Baie geluk aan Megan Botha (Dogters o.15) wat met haar uitstaande prestasies die Outeniqua-naam landswyd laat skyn het tydens die SA Skole-Atletiekbyeenkoms.
🌟 Megan se Uitsonderlike Prestasies
- Silwer – 200m
- Goud – 4 x 100m aflos
- Nuwe ASWD Dogters o.16 100m-rekord – verbeter ’n rekord wat sedert 2002 gestaan het en oorspronklik deur Isabelle Le Roux opgestel is.
Megan, jou harde werk, talent en deursettingsvermoë het jou tot hierdie merkwaardige hoogtepunt gebring. Jy het geskiedenis gemaak en jy het die Kwaggas baie trots gemaak.
Welgedaan, Megan – jy is ’n ware inspirasie!
Lees meer uitstaande skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








