SA School Closed Squash. Joel Rix, leerder van Hoërskool Swarland, het deelgeneem aan die SA School Closed Squash. Slegs spelers wat genooi word neem deel aan die Closed Squash. Dit is aangebied by St John’s College in Johannesburg vanaf 12 tot 14 April. Joel het in di o/16 seuns se afdeling deelgeneem.
Hy het Vrydag sy eerste opponent 3-0 gewen. Saterdagoggend het hy sy tweede opponent 3-0 gewen, Saterdagmiddag het hy in di semi-finaal teen die WP se nommer een, 3-2 gewen. Die spel het 56 minute geduur en Sondag het hy in die finaal 3-1 gewen.
Joel is eerste op die SA ranglys vir o/16 seuns vir muurbal.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf