)

SA Saalperd Kampioenskappe 2026 – Hoër Volkskool Graaff-Reinet

SA Saalperd Kampioenskappe 2026. Volkskool blink uit op die nasionale verhoog.

Hoër Volkskool Graaff-Reinet is besonder trots op hul ruiters wat hul staal gewys het tydens die SA Saalperd Kampioenskappe 2026 én die Worlds Open Air Championships. Met deursettingsvermoë, styl en ’n opregte liefde vir hul sport het hierdie leerders hul merk gemaak teen sterk kompetisie.

Uitsonderlike Prestasies

  • Leila Ehlers het pragtig gevaar en ’n vyfde plek behaal in die 3-gang plesierperd (ruiters 14 jaar en onder). Sy het ook ’n sewende plek in 3-gang plesierperd-ruiterkuns (14 jaar en onder).
  • Philip Ehlers het ook sy talent gewys met ’n vyfde plek in 3-gang natuurlike maanhare en stert (ruiters 18 jaar en onder). Hy het ook ’n sesde plek in 5-gang-kinderryd (ruiters van 16 jaar en onder). Ongelukkig het sy perd ’n besering opgedoen. Dit het hom gedwing om aan die kampioenskapsklas te onttrek. Dit is ook ’n bewys van die uitdagings wat ruiters soms moet trotseer.

Hierdie prestasies weerspieël die deursettingsvermoë en karakter wat Volkskool koester – om aan te hou gee, ongeag die uitdagings. Die harde werk en toewyding van die ruiters is duidelik, en hierdie ervarings bou ’n sterk fondament vir die toekoms.

Mooi so, Volkskool-ruiters – julle maak jul skool trots!

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://www.hvsgrt.org.za/

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal