SA Platteland Rugby. Twee seuns va Hoërskool SPS Brandfort, Xander van Heerden en Adriaan Pienaar, is deel van die SA Platteland Rugby se spanne. Die seuns toer tans in Frankryk waar hulle uitstekend in die wedstryde presteer.
Xander is as Man van die Wedstryd aangewys teen die RCA Rugbyklub. Adriaan se span het 40 – 0 teen die RCA-span gewen en hy staan baie trots in sy oupa, Eben Olivier (Springbok senter 1967 – 1971) se trui op die Stade Se France stadion.
Jul moet die toer geniet – speel harde rugby & kom met mooi herinneringe terug.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf
Become a Sponsor








