SA Platteland Muurbal. Kwaggas het die afgelope naweek aan die SA Platteland Muurbal toernooi in Bloemfontein deelgeneem en skitterend gevaar.
Dogters o.14 :
Hoërskool Outeniqua se span was die beste onder 14- meisiespan op die toernooi. Kwaggas wat opgeneem is in die SA Plattelandspan vir deelname aan die Interprovinsiale toernooi(ITP):
- Hanrie Duits no. 1.
- Danika Theron no. 2.
- Helana van Wyk no. 4.
Dogters o.19 :
Kwagga dogter opgeneem in SA Platteland A-span:
- Tiané Goosen no 4
- B-Span: Megan Terblanche no 1.
Die Eden o.19 meisies was ook die algehele beste dogterspan van die toernooi.
Seuns o.19:
- Ivan Koen is derde in SA Plattelandspan vir deelname aan die ITP. Hy het ook al sy wedstryde gewen.
Die seuns Eden o.19 A- en B- spanne eindig eerste en tweede op die toernooi.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf