SA o.17 EPD-groep.
Hoërskool Gimnasium Paarl se harte klop met trots! Ses van die skool uitmuntende rugbyspelers is gekies om deel te wees van die SA o.17 EPD-groep – die gesogte Elite Player Development-program wat die beste jong talent van regoor Suid-Afrika saambring.
Uit honderde o.17-spelers landwyd is 53 seuns gekies vir ’n intensiewe oefenkamp wat van 29 November tot 6 Desember by Boland Landbou sal plaasvind. Hierdie is ’n ongelooflike prestasie en ’n bewys van harde werk, toewyding en talent.
🎉 Die trotse Gimnasium-verteenwoordigers:
- Ethan Barker
- Mickyle Booise
- Louis Koen
- Charles Whitehead
- Jean Dreyer
- Hendré van Zyl
Ons wens hierdie seuns alle sukses toe met die kamp – mag julle groei, leer en skitter! Gim is trots op julle – hou die vlam aan die brand!
Lees meer uitstekende skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








