SA Nasionale Kampioenskappe. Vyf swemmers van Grey Kollege in Bloemfontein word verteenwoordig by die SA Nasionale Kampioenskappe wat vanaf 6 to 10 April in Gqeberha (PE) plaasvind.
Die seuns is Jedrick Geleta, Jacques Cilliers, Joel Strauss, Ernst van Rensburg en Aiden Nel. Hierdie byeenkoms is die hoogste swemkampioenskap waarvoor enige swemmer kan kwalifiseer. Die kwalifiseringstye was hierdie jaar baie vinnig, wat hierdie prestasie nog meer uitsonderlik maak.
Grey is baie trots op julle en wens julle sterkte toe in Gqeberha.
#ViveLaGrey#Grey2Gold#GreySwem#swem
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://greycollegesecondary.com/
Foto verskaf