SA Karate Span. Twee Kwaggas opgeneem in die SA Karate Span
Karate South Africa (KSA) het pas die span bekend gemaak wat Suid-Afrika volgende maand in Gaborone gaan verteenwoordig. Liam van Wyngaard (Gr. 9) en André Meintjies (Gr. 9) van Hoërskool Outeniqua in George is deel van dié elite groep!
Na ‘n jaar vol provinsiale én nasionale byeenkomste, het die twee seuns hul plek in die SA span verdien. Tydens die KSA Nasionale Kampioenskappe in Kaapstad op 30 Augustus het Liam silwer en André brons gewen. Dit is ‘n ongelooflike prestasie wat hulle onderskeidelik 2de en 3de op KSA se nasionale ranglys geplaas het!
Ons wens vir Liam en André alle sterkte toe vir die internasionale toernooi.
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








