SA Geldstelsel Wysheid – Die Gr. 1-leerders van Grey Kollege Primêr het gedurende die tweede kwartaal meer oor geleer geld. Hulle het ’n slim en speelse duik geneem in die wêreld van die Suid-Afrikaanse geldstelsel. Van silwer muntstukke tot kleurvolle banknote, niks het hul nuuskierige oë ontgaan nie!
In die klas is daar gesels oor verskillende geldeenhede, en hoe hulle geld in alledaagse situasies moet gebruik. Maar dit het nie by boeke en bordkryt gebly nie… Nee, hier het die leer loopgekry! Met behulp van kreatiewe advertensies wat die leerders self van die huis af gebring het, het die klaskamer in ’n vrolike “winkel-winkel” omskep.
Hier het die leerders in die rolle van verkoper én koper geklim.
Die wysheid wat hulle van die SA Geldstelsel geleer het is:
- Hoe om die waarde van items te skat,
- Hoe om die regte bedrag geld te gebruik tydens aankope,
- Hoe om korrekte kleingeld te gee en te ontvang,
- En – baie belangrik – hoe om goeie klantgedrag te beoefen!
Die entoesiasme was aansteeklik: elke dag wou die leerders weer “winkel-winkel” speel. Hierdie praktiese benadering het nie net hul begrip van die geldstelsel verdiep nie, maar ook hul wysheid in sosiale vaardighede en selfvertroue versterk.
Dit is duidelik – leer kan pret wees, en die wêreld van finansies is glad nie té ingewikkeld vir ons jong geldmeesters nie!



Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
https://greycollegeprimary.com/
Foto’s voorsien
Become a Sponsor








