SA Atletiek Kampioenskappe. Twee leerders van Laerskool Truida Kestell in Bethlehem, Liesa Kruger en Nelisa-May Doman, het erkenning ontvang vir uitstekende prestasies gelewer tydens die SA Atletiek Kampioenskappe.
Die Vrystaatse laerskole het vyf medaljes ontvang by die SA Kampioenskappe. Drie van die vyf medaljes behoort aan Truida Kestell se atlete!
- Hiervan het Liesa twee medaljes ontvang: 800m en 1500m
- Nelisa May het ‘n medalje ontvang vir 1500m stap
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf