Hoƫrskool Rustenburg se o.15 en o.17 sewesspanne het die afgelope twee naweke aan die Wesvalia en Lichtenburg sewestoernooie deelgeneem waar hulle baie goed gedoen het.
Tydens die Wesvalia Twizza toernooi het Rusties se o.17 span die toernooi gewen, hulle het met Potch Boys High, Potch Volkies, Alberton Hoƫrskool, Potch Gimmies, Waterkloof en Wesvalia afgereken om die titel te wen. Hulle kwalifiseer vir die Champs of Champs toernooi wat in Oktober plaasvind. Die o.15 span eindig tweede, hulle val in die finaal teen Waterkloof vas.
Die Lichtenburg toernooi was ook ‘n baie suksesvolle toernooi vir die Rusties. Die o.15 en o.17 spanne het hier as Noordwes-naaswenners uit die stryd getree nadat hulle onderskeidelik teen Vryburg en Lichtenburg in die finaal verloor het.
Tydens die Noordwes-toernooi by Lichteburg word blits, Refentse Moabi as speler van die toernooi aangewys.
Ā Baie geluk aan al die spelers en afrigters, Rusties is baie trots op julle!