Ruitersport. Met die Jaarlikse SANESA (South African National Schools Equestrian Association) Gauteng, Ekurhuleni Ruitersport Streeksprysuitdeling is daar behoorlik fees gevier deur die Kempieruiters.
Skoolliga prys:
Kempies behaal, vir die eerste keer in die geskiedenis van hul deelname aan die SANESA kompetisie, eerste plek in hul liga.
Victor Ludorum Ruiters:
Die volgende ruiters het die beste presteer in die skole-kategorie in verskillende dissiplines:
- Sune Heyneke vir 𝘗𝘳𝘪𝘹 𝘊𝘢𝘱𝘳𝘪𝘭𝘭𝘪 – Vlak 3
- Amory Venter vir Equitation – Vlak 2.
Gauteng Ekurhuleni Streekskleure:
Die volgende Kempies ontvang ook amptelike Gauteng Ekurhuleni Streekskleure:
- Amory Venter (Vlak 1, 2 en 3)
- Sune Heyneke (Vlak 1, 2 en 3)
- Mianda de Wit (Vlak 2)
- Alicia Heyneke (Vlak 1 en 2)
- Megan van Heerden (Vlak 1)

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








