Rugby Travel Academy. Hoërskool Linden het rede om te spog met Schuylar van den Berg! Die Rugby Travel Academy se SA-uitnodigingspan, waarvan Schuylar deel is, het Sondag, 15 Desember, na Abu Dhabi vertrek. Hulle gaan vanaf 16 tot 22 Desember aan die gesogte Wêreld Skolefees gaan deelneem.
Hierdie groep bestaan uit twee 15-manspanne asook ‘n 7s-span. Hulle speel vandag hul eerste wedstryde teen onderskeidelik Papakira High School vanuit Nieu-Seeland en die Odessey-uitnodigingspan. Hierdie span bestaan uit top spelers vanuit Nieu-Seeland, Fiji en Engeland bestaan.
Die groep van RTA het voor hulle vertrek vir drie dae in Pretoria saamgetrek. Hulle het hulself vir die top spanne van regoor die wêreld daar voorberei.
“Ons sien uit om te sien wat hierdie groep seuns gaan doen in vanjaar se toernooi. ons glo dit is ‘n kwaliteit groep wat gekies is en hopelik gryp die seuns hierdie ongelooflike geleentheid met albei hande aan.” Len Olivier, Direkteur van die Rugby Travel Academy

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








