Rugby -Hoërskool Ermelo se rugbyspanne het die MPU finaal met hul rugby oorheers. Die o/15A-rugby span het te staan gekom teen HTS Witbank. Na ‘n stryd wat die hele skare op die punte van hul stoele gehad het, wen die Erries met 15 punte teenoor 14.
EHS se o/16A-span speel uitstaande rugby en oorrompel hul teenstanders, Hoërskool Rob Ferreira. Dié Errie-span wen met ‘n uitstekende telling van 28-6.
Die Eerste rugby span van Hoërskool Ermelo het die dag op ‘n hoë noot afgesluit met hulle oorwinning teen Hoërskool Piet Retief. Die eindtelling was 27-15.
Al die Erries se wedstryde was die toonbeeld van Erries wat hard geveg het, aanhou veg en regverdig veg vir dÃt waarna hulle streef. EHS is besonder trots op hierdie oorwinnings.
Baie geluk aan elke span wat gewen het. EHS is trots, maar buig in nederigheid neer voor die Vader oor die seën wat Hoërskool Ermelo onophoudelik ontvang.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s voorsien