Rugby-afsluiting. Die jaarlikse rugby-afsluiting by Hoërskool Bothaville was ’n viering van toewyding, durf en uitmuntende prestasie. Ons rugbyhelde het deur die jaar hul lywe op die spel geplaas, en hul harde werk het vrugte afgewerp met spanne wat weer eens groot hoogtes bereik het.
Tydens die geleentheid is trofeë oorhandig aan spelers wat uitgestaan het in verskeie kategorieë — van Beste Voor- en Agterspeler van die Jaar, tot Mees Toegewyde Speler, Beste Vordering, en die gewilde “Lem” van die Jaar — toegeken aan die speler met die meeste dominerende en harde tackles. ’n Trotse erkenning vir ware ystervarke op die veld!
Die 2025-seisoen was ’n triomf:
- Die o/16-span is gekroon as wenners van die Sandveldliga
- Die o/15-span het dit tot in die finaal van die Plattelandliga gemaak
- Die Eerstespan het hul staal gewys in die semi-finaal van die Plattelandliga
Die gemeenskap en skool is ongelooflik trots op elke speler wat hul hart en siel in die spel gesit het. Julle is ware ambassadeurs van Bothaville Hoërskool!
Speler-erkenning per span:
o/15-span:
- Beste Agterspeler: Teboho Mpitsi
- Beste Vordering: Benny Maoba
- “Lem” van die Jaar: Heinrich Keyser
- Beste Voorspeler: Handrew Janse van Rensburg
- Mees Toegewyde Speler: Phomolo Ficane
o/16-span:
- Mees Toegewyde Speler: CH Steenkamp
- Beste Vordering: MJ Rossouw
- Beste Voorspeler: Daniel van Heerden
- “Lem” van die Jaar: Ludwig van der Merwe
- Beste Agterspeler: Hanro Booysen
Seniorspan:
- Mees Toegewyde Speler: Henco Diamond (Eerstespan), Ben-Janco Nel (Tweedespan)
- “Lem” van die Jaar: Chris Engelbrecht (Eerstespan), Tumi Bouwer (Tweedespan)
- Beste Voorspeler: Frans Eloff (Eerstespan), Christiaan Human (Tweedespan)
- Beste Agterspeler: Jacques du Toit (Eerstespan), Katlego Legong (Tweedespan)
- Beste Vordering: Stian Hurter (Tweedespan)


Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
https://www.facebook.com/BothavilleHS/
Foto’s verskaf











