Rhinoweek Rugby. Hoërskool Bultfontein is baie trots op die Bulties, Andries De Wet Steyl, Armand Olivier en Lenro Kruger. Hierdie drie manne het vir die Griffons O.14 Plattelandspan in die finaal van die Rhinoweek teen Sedibeng ‘n skitterende oorwinning behaal. Die Griffons Plattelandspan het hierdie naelbyt eindstryd met 6 punte teenoor 5 gewen. Andries De Wet Steyl, onder-kaptein, het al sy span se punte in die finaal aangeteken. Lenro Kruger is die kaptein van die span.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf