REDENAARS – VRYDAG, 11 AUGUSTUS 2017
Charl Smit (foto heel bo) het in die onvoorbereide afdeling vir seniors deelgeneem en is aangewys as een van die vyf beste sprekers landswyd. Dié vyf besonder talentvolle sprekers moes elkeen ‘n tweede toespraak voorberei om by die gala-aand voor die hele gehoor voor te dra.
Christiaan van der Walt (foto links), het deelgeneem aan die voorbereide afdeling vir seniors en ‘n puik toespraak gelewer. Sy posisie sal in die week bekend gemaak word.
DEBAT – SATERDAG, 12 AUGUSTUS 2017
Die senior debatspan, Jacques Botma en Mihan van Zyl, (foto onder) het Saterdag nie net hul eie debat
teen Hoërskool Generaal Hertzog (Witbank) gewen nie, maar is algeheel as die vierde sterkste span landswyd aangewys. Dit terwyl hulle as blote gr.10’s teen matriekspanne gekompeteer het.
Foto links: Â Jacques Botma en Mihan van Zyl
Al hierdie seuns het UITMUNTEND presteer en letterlik honderde opponente geklop om hierdie prestasies te behaal! Baie geluk!