Heart Health

Rapportryers Bybelvasvra – Gereformeerde Skool Dirk Postma

Rapportryers Bybelvasvra. Gereformeerde Skool Dirk Postma, Pretoria, maak skoonskip by Rapportryers se Bybelvasvra.

Gereformeerde Hoërskool Dirk Postma het vanjaar drie spanne onder leiding van mev Lientjie Drijfhout vir die Rapportryers Bybelvasvra ingeskryf – ‘n nasionale projek wat reeds 46 jaar aangebied word.

Die kompetisie moedig leerders aan om Bybelgedeeltes te bestudeer en te memoriseer, wat Bybelkennis, Godsvertroue, samewerking en selfdissipline bevorder. Enige Afrikaanssprekende laer- en hoërskoolleerder kan deelneem.

Na maande se voorbereiding het twee van Dirk Postma se spanne deurgedring na die finaal by die FAK se Udolpho-oord aan die Vaalrivier tydens die naweek van 25 Oktober. Die vraestelle toets die leerders se kennis op ‘n hoë vlak met meerkeusevrae, invulvrae, blokkiesraaisels en teksgedeeltes. Taalvaardigheid in Afrikaans is ook ‘n kernaspek van die kompetisie.

Dirk Postma se leerders het vanjaar die eerste en tweede plek in die Hoërskole-kategorie gewen. Die skool besef dat hierdie prestasie genade is, maar beklemtoon dat die grootste waarde in die reis self lê – die Bybelkennis wat elke deelnemer opdoen.

Prestasies behaal deur Dirk Postma se leerders:

Tweede plek: Tirsa Drijfhout, Melandi Bouwmeester, Wilhelm Goodey, Ettienne van Alten.

 Eerste plek: Henro van der Linden, George Mnisi, Jannes Enslin, Wian Boersema.

Tweede plek wenners

Lees meer interessante skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://www.gsdp.co.za/

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Eintlik kàn godsdiens ‘n mens baie ryk maak. 1Timoteus 6: 6-8 Thought of the Week – But godliness actually is a source of great gain…

Liga-swemgala – Hoërskool Swartland staan uit

Liga-swemgala. Swartland blink uit in Stellenbosch. Hoërskool Swartland, Malmesbury, se swemspan het op 30 Oktober aan die eerste Liga-swemgala van die 2025/26-seisoen deelgeneem. Die gala is by Rhenish Girls High…

Leave a Reply

You Missed

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Liga-swemgala – Hoërskool Swartland staan uit

Liga-swemgala – Hoërskool Swartland staan uit

Jim Fouché Prestige atletiekbyeenkoms – Grey College Primêr

Jim Fouché Prestige atletiekbyeenkoms – Grey College Primêr

Eastern Province Cricket teams – Pearson High School outstanding

Eastern Province Cricket teams – Pearson High School outstanding

South African Math Olympiad – Grey College outstanding

South African Math Olympiad – Grey College outstanding

Finale o.18 WP-tennisproewe – Hoërskool DF Malan staan uit

Finale o.18 WP-tennisproewe – Hoërskool DF Malan staan uit