Radikale Redenaars. Sestien leerders van Primêre Skool Fichardtpark in Bloemfontein het deurgedring na die Finaal. Fichies het verneem dat daar vanjaar ongelukkig nie ‘n streek-uitdun gaan wees nie.
Die Radikale Redenaars vind op 22 Oktober plaas in Pretoria. Die volgende sestien leerders van Fichies is deur na die finaal:
- Jean de Villiers, Jana Deacon, Annieke Oosthuizen en Rikus Steyn van Graad 2
- Kara de Villiers, Alissa Kemp, Emma Spamer en Tommie Wessels van Graad 3
- Diminé Erasmus van Graad 4
- Joah de Villiers, Hannes Deacon en Mariaana Spamer van Graad 5
- Charlize van Rooyen en Deylin Louw van Graad 6
- Josua Deacon en Chenique Eransmus van Graad 7
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf