Die jaarlikse interskole tussen Hoërskool Punt, Mosselbaai, en Langenhoven Gimnasium (Oudtshoorn) vind op Saterdag, 3 Augustus, op die Van Riebeeck Stadion plaas.
Die aanloop tot die interskole begin reeds Donderdag, 1 Augustus om 18:00, met die Big Brag wat in die skoolsaal sal plaasvind. Daarna (20:30) is die gebruiklike aanskakel van die ligte wat die versierde vensters sal vertoon. Dit is altyd ‘n pragtige gesig en beslis die moeite werd om te sien.
Op Vrydag, 2 Augustus om 11:30, vind die Mini Brag by die Van Riebeeck Stadion plaas. Na die verrigtinge is daar baie pret en plesier wanneer die Prefekte, Gr 12-leerders en onderwysers teen mekaar netbal speel.
Almal is welkom om hierdie aktiwiteite by te woon!
Wees deel van Hoërskool Punt en maak “local lekker”.