Op 17 Augustus 2017 het 12 Punt-leerders na Port Elizabeth vertrek om aan die 53ste ATKV-Tienertoneel kompetisie deel te neem.Ā Punt moes teen baie sterk skole kompeteer en het uitstekend presteer.
Baie geluk aan Megan Botha en Marina Barnard met hul brons toekennings vir toneelspel en Me. W. DelportĀ ontvang ook brons virĀ kostuum en grimering, tydens die optrede van Kraai.Ā Me. Delport is ook die Ā skrywer en regisseur van die stuk KRAAI.Ā Ā ( Brons medaljes: tussen 65% en 75%)
Die groep het baie goeie terugvoer van die beoordelaars, Ira Blanckenberg en Albert Maritz, ontvang.
Foto:Ā Links Marina Barnard en regs Megan Botha