Puma Seunshokkie. Armand Coetzer, Graad 9-leerder van Hoërskool Ermelo, was lid van die o.16B-Mpumalanga seunshokkiespan. Die Puma Seunshokkie span het aan ’n Interprovinsiale toernooi te Kearsney College (KZN) vanaf 29 Junie tot 3 Julie deelgeneem.
Hierdie Puma-span het vyfde in die toernooi geëindig. Armand het as ‘middle link’ prag-hokkie gespeel en is ook gedurende een van die toernooi se dae as ‘speler van die dag’ aangewys.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf