Prysuitdeling. Die jaarlikse erkenningsgeleentheid en prysuitdeling van die Hoër Landbouskool Oakdale is op 13 Oktober in die Burgersentrum, Riversdal, aangebied.
Dit was weereens ‘n spoggeleentheid waartydens leerders se gawes en talente gevier is. Leerders is vereer vir prestasies op akademiese-, sport- sowel as kultuurgebied. ‘n Totaal van 311 leerders het erkenning ontvang.
- Schutte Müller het die Universiteit van Stellenbosch Landbou Studiebeurs vir 2023 asook die Landbouweekblad Medalje ontvang.
- Marco Conradie se insluiting in die SA Skolerugbyspan het aan hom die Sportman van die Jaar toekenning besorg.
- Die Stefan Marais toekenning vir die Mees Veelsydigste prestasie het vanjaar aan Pieter Marais gegaan.
- Tydens die geleentheid het verskeie leerders ook toekennings vir akademiese prestasies vanaf Agri Expo ontvang.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf