)

Provinsiale Rising Stars Toernooi – Paul Roos Gimnasium o/16 Tennisspan wen

Provinsiale Rising Stars Toernooi. Paul Roos Gimnasium se o/16 A tennisspan was die naweek van 19 September onoorwonne. Hulle het deelgeneem aan die toernooi wat aangebied is deur Tennis Suid-Afrika (TSA) by die Strand-Tennisklub.

Die o/16A Tennisspan

Die o/16A Tennisspan is gekroon as die algehele wenners van die “Western Cape” Provinsiale afdeling.

Paul Roos Gimnasium se span het die sterk span van Hoër Jongenskool Paarl (Boishaai) in die finaal met 2-1 gewen. 

Leonardo Sola, Willem de Waal, Jake Downie en Echard de Kock het vir Paul Roos Gimnasium gespeel. Leonardo en Willem het enkels gespeel terwyl Jake en Echard in die dubbelspel in aksie was.

Provinsiale Rising Stars Toernooi

BNP Paribas Tennistoernooi vir Topskole, asook hulle vennootskap met RCS en Suid-Afrika Rising Stars Tennis se inisiatief het ten doel om kinders toegang tot tennis te bied. So wil hulle die jeug se deelname aan tennis in Suid-Afrika verhoog.

Hierdie Provinsiale Rising Stars Toernooi is nuut op die jaarlikse kalender en Tennis Suid-Afrika (TSA) poog om van die beste seuns en dogters o/16 spanne in die land te vind om hul deelname aan tennis te verhoog. Elke span wat aan die Provinsiale Rising Stars Toernooi deelneem bestaan slegs uit 4 spelers wat 2 enkels en 1 dubbels moet speel. Slegs spelers van 16 jaar en jonger kom in aanmerking om vir die Sekondêre skole kompetisies te speel.

Uitslae

PRG het al hul wedstryde oortuigend gewen en die uitslae was as volg: Paul Roos Gimnasium wen Bredasdorp: 3 – 0. Vir Drie Ankerbaai wen hulle 3 – 0. Teen Outeniqua B wen hulle 3 – 0. Hoërskool Bellville wen hulle 3 – 0 en vir Hoër JongenskoolJ Paarl (Boishaai) wen hulle 2 – 1 in die Finaal.

Aangesien Roos Gimnasium se o/16 tennisspan die Provinsiale Rising Stars Toernooi gewen het, dring hulle deur na die Nasionale Finaal in Pretoria. Hierdie toernooi sal in Oktober gespeel word. Hulle sal teen die ander provinsiale wenners deelneem.

Baie geluk met julle pragvertonings!

Sterkte met julle voorbereiding vir die volgende deelname!!

Lees meer oor Paul Roos Gimnasium:

https://schoolsthatrock.co.za

https://paulroos.co.za/

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal