Foto: Megan Uys, Vonnéy Anderson en Ilmae Mostert
Die Knip-vir-CANSA idee waar Schools That Rock se lesers hul hare kan skenk, was eintlik Vonnéy Anderson se idee. Sy is hierdie jaar in Graad 5 in Willem Postma – sien aangeheg die aanbieding wat sy en haar mamma gemaak het om die idee aan die skool te verkoop.
Hierdie “geleentheid” is eintlik nog ver in die toekoms, maar Possies wil sommer reeds mense motiveer om hul hare te laat groei sodat almal lekker lang hare het teen 12 November 2021.
Indien iemand hul hare wil skenk hoef hul nie eers betrokke te wees by Willem Postma nie – hulle kan op hul eie net hul hare laat sny. Willem Postma sal dit net waardeer indien persone wat graag hul hare wil sny die “Google vorm” invul sodat hulle kan sien hoeveel mense wel hul hare gesny het! (Die skool sal ook in November vra dat almal wat hul hare gesny het vir Willem Postma ‘n foto sal stuur).
Dit sal fantasties wees indien jul dalk ons plasing op jul Facebook kan deel? Of ‘n nuwe plasing maak?
Hier is die plasing skakel: https://www.facebook.com/137092176377640/posts/3542469992506491/?sfnsn=scwspmo
Hier is die Google vorm skakel: https://forms.gle/NJU3bKRZPAccMF9Z6
“Die hoofdoel is natuurlik om soveel as moontlik poniesterte vir CANSA in te samel. Ons sal ook nader aan die tyd reël dat seuns hul hare tydelik kan kom laat “verf” by die skool – om so die seuns ook betrokke te kry.”
Op 12 November beplan hulle voorlopig om haarkappers van die omgewing na Willem Postma te nooi om by die skool die kinders se hare te kom sny – indien COVID dit toelaat sal hulle dan ook buitepersone toelaat om by die skool te sny.
“Ons wil skole en ander instansies, soos die Voortrekkers, oor die hele land uitdaag om saam met ons op 12 November hul hare te sny vir CANSA!“
Sonet van Zyl van CANSA se nommer is: 084 587 9820 – indien jy dalk met hulle ook wil gesels.