)

Primêre Skool Willem Postma Gr 7’s bederf

SKOOLKARAKTER

Ons streef daarna om ons leerders aan soveel as moontlik ontwikkelingsgeleenthede bloot te stel en so gebalanseerde, gelukkige kinders te kweek. Wat dissipline en menswees betref, val die primêre fokus op die vestiging van ‘n sterk karakter. In die vorming van ‘n kind se karakter, fokus ons op die doelgerigte ontwikkeling van die volgende sewe waardes:

  • Omgee vir ons as kinders van die God van Liefde, is dit logies dat liefde die dryfveer van ons aksies en karakter is. Met “omgee” word ten doel gestel die herstel van die verhouding in gesinne, tussen kollegas en rasse deur meelewing, empatie, bedagsaamheid, dankbaarheid en vergifnis toe te pas.
  • Betroubaarheid is ‘n noodsaaklike waarde wat onderrig en vasgelê moet word, omdat ons ‘n land nodig het met mense van integriteit, eerlikheid en lojaliteit en te sorg dat hierdie waardes kan voortbestaan – so ook die teenwerking van oneerlikheid, diefstal en leuens.
  • Respek is die kernwaarde oor hoe ons mense behandel: Erken ons verskille? Luister ons na mekaar? Los ons konflik op sonder geweld en toon ons goeie maniere?
  • Verantwoordelikheid is die kern van persoonlike waarde – om nie ‘n slagoffer van jou omstandighede te wees nie, selfbeheersing, positiewe houding, strewe na uitnemendheid en om ‘n goeie voorbeeld te stel.
  • Regverdigheid vereis dat die individu ander moet behandel soos wat hy of sy behandel wil word – mededeelsaamheid, geen voorkeur behandeling nie, onpartydigheid en veroordeel nooit.
  • Goeie Burgerskap behels al bogenoemde waardes wat ‘n Suid-Afrikaner kweek wat met trots sal bydra tot die gemeenskap – deur wette te gehoorsaam, die omgewing en natuur te respekteer en goeie buurmanskap.
  • Geloof is die essensie van ons bestaan. Geloof in Jesus Christus, Sy volmaakte karakter en Sy voltooide werk, is die eienskap wat ons van die wêreld onderskei. In hierdie geloof lê ons krag, hoop, verwagting en die vermoë om tot ons beste self te ontwikkel.

‘n SKOOL WAAROP ELKE OUER EN KIND TROTS KAN WEES.

 

 

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal