Hoop, oorwinning en God se teenwoordigheid!
Die storie van Laerskool Brits het die harte by Primêre Skool Naudéville geraak.
“Hulle storie inspireer ons om ‘n kruis van hoop in ons voortuin te plant. Geel beteken hoop. Dit is ook ‘n teken van God se teenwoordigheid. Geel is verder ook ‘n teken van oorwinning.
Mag hierdie kruis vir elkeen hoop bring vir die mense wat hom sien. Mag elkeen van ons elke dag God se teenwoordigheid voel en mag ons hierdie virus oorwin.
In hierdie baie moeilike tye het ons mense naby aan ons verloor. As u na hulle verlang is u altyd welkom om blomme by die kruis te kom sit ter herinnering aan hulle.
Ons daag graag vir Welkom Volkskool, Goudveld Hoërskool en Welkom Gimnasium uit om ook kruise van hoop in hul tuine te plant.”
Foto verskaf