Tydens Primêre Skool Jordania van Bethlehem se Teen-Boelie week het die Jorrie-leerders weer bewus geraak oor boelie.
Daar is elke dag iets gedoen om leerders te herinner wat boelie is en hoe hul optrede moet wees teenoor ‘n boelie. Leerders het deelgeneem aan ‘n plakkaat kompetisie en elke leerder het ‘n sertifikaat ontvang om te sê ‘in Jordania boelie ons nie.’
Dit was ‘n baie suksesvolle week by Jordania!