Foto bo: die helpers van die dag is, vlnr: Pieter Roos, Charné de Villiers, Janine Helmand, Natasha Burger, René van Staden en Ruan Strydom
Primêre Skool Jordania in Bethlehem het op Vrydag, 6 November, ‘n baie suksesvolle gholfdag aangebied by die Bethlehm Gholfklub.
Daar het altesaam 168 spelers (42 vierballe) deelgeneem. Dit is die meeste spelers wat nog ooit aan ‘n gholfdag deelgeneem het by dié klub.
Baie dankie aan almal wat die dag ondersteun het. Baie dankie ook aan al die borge en mense wat ‘n bydrae gemaak het tot hierdie mooi dag.
Become a Sponsor








