)

Laaste dag vir Hoërskool De Aar Matrikulante

Maandag, 2 November 2020 was die laaste skooldag vir matrikulante van Hoërskool De Aar. Hierdie jaar was in baie opsigte te kort en te lank, te stadig en te vinnig. Tog is Uitstapdag altyd ʼn emosionele dag vir ʼn matrikulant.
ʼn Erewag is deur graad 11’s gestaan, die Volkslied en Skoollied, gesing deur Zimkitha Silo, is vir oulaas gespeel en afskeid is geneem. Die skriflesing was deur Pastoor R. Sadie en ʼn afskeidsboodskap is van die SBL Voorsitter, mnr. J Ritter en die skoolhoof, mnr. Johan Koen, gelewer. Die uittredende hoofseun, Johan Duvenhage het beklemtoon, “You have one life to live” en die nuwe hoofseun het die graad 12’s bedank vir die voorbeeld wat hul gestel het. Hul onderneem om hierop voort te bou.
Die Erekode is gelees waarin matrikulante onderneem om eerlik en getrou hul bes te doen vir die opkomende eksamens.
Elke matrikulant het ʼn geskenkpakkie van die ATKV Karoo-bossie dames ontvang, asook ʼn gegraveerde pen van die Hoërskool.
Met hul laaste uitstap uit die skoolsaal, oor die verhoog, was emosionele ouers en matrikulante, dit eens dat jou skooldae ʼn ewige impak op jou laat.
Ons wens ons 2020 Matrikulante alle sterkte vir die eindeksamen.
Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal