“Ons het die afgelope week met leedwese verneem van die afsterwe van Oom Dietz Meiring, in die rype ouderdom van 93 jaar. Oom Dietz was een van die stigterslede van ons skool in 1958 en vir jare lid van die skoolraad. Hy het in 1983 die mosaiek-skoolwapen gemaak wat vandag nog pryk by die skool se hoofingang. Hy was ook ‘n bekende en geliefde inwoner van Bethlehem wat ‘n groot bydrae in die gemeenskap gelewer het. Sy handewerk en nalatenskap is groot. Ons innige simpatie met sy naasbestaandes.”