)

HOËR MEISIESKOOL ORANJE: 11 VRAE AAN JADEN HENNEY

1. Wat het jou op Oranje laat besluit? My suster het destyds op Oranje besluit en ek het kort op haar hakke gevolg. Dus is ek al sedert kleuterskool ’n Oranjeniet.

2. Wat geniet jy die meeste van Oranje? Die geleenthede wat die skool vir elke leerder bied om hulle potensiaal te ontwikkel tot die beste van hul vermoëns.

3. Hoe sal jy graag hier onthou wil word? As iemand wat ander mense gemaklik voel om te nader en wat ander met menswaardigheid en respek behandel.

4. Wie was jou skoolheld (leerder of onnie) in gr. 8 en hoekom? My suster, Shaznay Henney. Aangesien sy daardie jaar in matriek was, het sy seker gemaak ek was goed voorbereid op my hoërskoolloopbaan.

5. Wat is jou belangstelling(s) buite skoolverband? Wanneer ek vrye tyd het, sal jy my waarskynlik in my kamer vind besig om Netflix te kyk.

6. Het jy ’n verskuilde talent(e)? Ek sou sê my bak- en kookvaardighede is bo die van ’n gemiddelde tiener.

7. Is daar nog kultuur-uitblinkers in jou familie? Ongelukkig nie waarvan ek bewus is nie, maar miskien is daar nog verskuilde talente in my familie.

8. Is jy ’n introvert of ekstrovert? ’n Introvert tussen mense wat my nie ken nie, maar ’n ekstrovert wanneer ek gemaklik is met iemand.

9. Wat frustreer of irriteer jou die meeste? Wanneer ek nie onmiddellik iets regkry nie, is ek geneig om nogal gefrustreerd te raak. In die kleuterskool het ek opgehou met dansklasse omdat die oefeninge gedurende ons slaaptyd was en in gr. 1 het ek vir presies ‘n week lank hokkie gespeel. Ek het gelukkig teen gr. 8 geleer om nie so maklik op te gee nie.

10. Watter eienskap waardeer jy die meeste in mense? Betroubaarheid en empatie.

11. Saam met watter celeb het jy ’n foto? Ek is nie juis iemand wat ander mense idealiseer nie, so ek sal nie sommer ‘n bekende persoon benader in die publiek nie. Bygesê, ek het nog nooit iemand raakgeloop wat ek besonders bewonder nie.

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal