Ondersteuning en aanvulling tot Kurrikulum en Verryking
‘n Volledige Leerderondersteuningsentrum bied ondersteuning aan ons leerders.
Die volgende dienste word verskaf:
• Skolastiese evaluasies; berading; emosionele ondersteuning; remediërende onderrig; ekstra klasse; motoriese- assessering en hulpverlening
• Dienste van onafhanklike terapeute: Arbeidsterapeut; Spraakterapeute, Sielkundiges en Opvoedkundige praktisyn.
• Bystand en hulpverlening deur medici
• Nasorgsentrums op die skoolterrein
• Broodjieprojek
• Tweedehandse Klerebank
E-Leer
Lesse word verryk deur ‘n verskeidenheid van elektroniese hulpbronne. D.m.v. Smartboards en Internettoegang in alle klasse, kry leerders toegang tot opvoedkundige video’s, powerpoint lesse en interaktiewe speletjies.
Wiskunde Laboratorium: Gr 4 – 7
Die laboratorium beskik oor Wiskunde speletjies en apparaat waarmee abstrakte konsepte op ‘n konkrete manier aangeleer word. Cami-Wiskunde is ‘n interaktiewe Wiskunde program en stel leerders in staat om d.m.v. tablette interaktief te leer.
Akademiese kompetisies
Leerders kan deelneem aan ‘n verskeidenheid kompetisies.
Amesa; Wiskunde in Aksie;
Sanlam WOW Spelfees; ATKV Redenaars; ATKV Leesprojek;
Astro Quiz & Departementele Vasvrawedstryde.
#Lieflees Projek
Die hart van die projek is om ‘n liefde vir lees en leesontwikkeling te bevorder.
Elke week tydens ‘n “Drop All and Read” periode, kry leerders kans om na voorlesings te luister, hul eie boeke te lees of hardoplees te oefen.
In- en uitstappies
Elke graad het ‘n in- of uitstappie wat opvoedkundig van aard is.
Spesiale Dae by die Skool
• Gassprekers en kunstenaars
word genooi om leerders se
horisonne te verbreed.
• Entrepreneursdae
• Beroepsdag
• Storieboekdag
• Wêreld Hardopleesdag
Biblioteek
Ons beskik oor ‘n goed toegeruste biblioteek met ‘n verskeidenheid van fiksie en nie-fiksie boeke