Die leerderraad het namens Oranje Primêr 10 kindermatrasse, 3 seephouers wat jy aan die muur kan monteer en 3 toiletrolhouers, wat 3 toiletrolle kan hou en ook aan die muur gemonteer word, geskenk aan Beyang Bana Pele Creche in die Joe Slovo area.
In samewerking met die mediese studente van die UV is die projek aangepak aan die begin van die jaar. Hulle is besig om die skool te vernuwe.
As gevolg van die lockdown kan die dogters ongelukkig nie die skool besoek nie.
Ruben van Wyk en sy span gaan bogenoemde items self installeer by die skool en dit gereed kry na die lockdown.