PRG Rugby. Gedurende die afgelope naweek het PRG rugby ’n uitstekende naweek op Brugstraat (en ook op ander velde) beleef. Die Maroen Masjien van Paul Roos Gimnasium het vir die eerste keer in twintig jaar daarin geslaag om hul tradisionele opponente van die Paarl op hulle tuisveld te klop. Toe die eindfluitjie blaas, was die telling op 35 – 17 in Paul Roos se guns. Die laaste keer wat hulle daarin geslaag het was toe die 2003-span die wedstryd met 12 – 9 gewen het.
Paul Roos Gimnasium se hoof van rugby, Corné Uys, skryf die wen toe aan die grondslag wat gelê is deur die vaste vasette van die voorspelers. “Ons losgemaal en lynstaan werk was baie goed en ons het takties goed geskop om gebiedsvoordeel te geniet. Leejay Peterson se skopwerk na die pale was baie waardevol in so ‘n druk wedstryd.” Hy prys ook die agterspelers se teenaanval-werk na halftyd. “Ons moet die spelers baie krediet gee vir hulle ingesteldheid op die dag. Hulle was kalm en gefokus en het mooi saam gespeel as ‘n span.”
Uitslae in PRG se guns
Die PRG rugby uitslae as ’n geheel het in PRG se guns getel. PRG het 17 uit die 28 wedstryde wat gespeel is gewen.
Ook op die hokkieveld het Paul Roos die oorhand geneem en wen 12 van die 13 wedstryde wat gespeel is met die ander een wat ’n gelyk-op telling het.
Paul Roos Gimnasium en Hoër Jongenskool Paarl het mekaar ook vir die eerste keer in eSport aangevat. Hier het HJS ongelukkig die oorhand geneem en het 4-1 teen PRG se Fifa23 span gewen.
Die rugby-uitslae teen HJS is soos volg:
- 19A 35-17 HJS 19A
- 19B 24-21 HJS 19B
- 19C 19-50 HJS 19C
- 19D 21-12 HJS 19D
- 19E 21-21 HJS 19E
- 19F 24-19 HJS 19F
- 19G 7-15 HJS 19G
- 19H 17-21 HJS 19H
- 19I 21-14 HJS 19I
- 19J 24-5 HJS 19J
- 16A 28-34 HJS 16A
- 16B 14-9 HJS 16B
- 16C 17-13 HJS 16C
- 16D 18-7 HJS 16D
- 16E 14-10 HJS 16E
- 16F 3-17 HJS 16F
- 15A 17-0 HJS 15A
- 15B 24-12 HJS 15B
- 15C 26-7 HJS 15C
- 15D 12-10 HJS 15D
- 15E 19-5 HJS 15E
- 15F 31-0 HJS 15F
- 14A 7-10 HJS 14A
- 14B 14-9 HJS 14B
- 14C 0-7 HJS 14C
- 14D 29-10 HJS 14D
- 14E 26-7 HJS 14E
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf