Pretoria Eisteddfod. Hoërskool Die Wilgers se koor het die hoogste noot bereik tydens die Pretoria Eisteddfod!
Hoërskool Die Wilgers van se skoolkoor het gister, 7 Mei, aan die Eisteddfod, in die “Beginner Kore”-afdeling, deelgeneem. Die Eisteddfod is by Laerskool Tygerpoort aangebied. Wilgie-koor het uitstekend presteer en word as die wenners aangewys met ‘n nootvaste A+ vir hulle optrede. Die koor is verlede jaar weer, na jare se afwesigheid, onder leiding van die vername koordirigent, Ruan Odendaal, begin. Hulle sal ook binnekort aan die ATKV-Applous kompetisie deelneem.
Wilgies sal ook in die ander afdelings van vanjaar se Eisteddfod deelneem. Die Afrikaanse Drama en Poësie-afdeling word vandeesweek by die Wilge Teater deur Hoërskool Die Wilgers aangebied.
Die Pretoria Eisteddfod is vanjaar 101 jaar oud en word deur die “Pretoria Centre of the South African Society of Music Teachers (SASMT)” aangebied. Dit is een van die grootste eisteddfods in Suid-Afrika.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf