Prestasies behaal 2024. Hoërskool Fichardtpark in Bloemfontein se leerders het uitstekende prestasies behaal in 2024. Ons deel graag enkele prestasies behaal.
- Netbal Bokkieweek toernooi. Inge Jacobs en Giselle Shehab is onder die Top 35 netbalspelers wat by die Bokkieweek toernooi ingesluit is.
- SA Hokkie Bokkieweekspan. Vyf hokkiespelers van Hoërskool Fichardtpark, Ethan Burger, Wian Bekker, Michael Cruywagen, Alwyn Janeke en Cobus van Wyk, is in die SA Hokkie Bokkieweekspan ingesluit.

- Vrystaat Skole Netbal. Twee netbalspelers van Hoërskool Fichardtpark, Gilden Valentine en Su-Hesri van Zyl is gekies vir die Vrystaat Skole Netbalspan n(SASN).

- Nederland Kriekettoer: Na die Kovsie-Smash krieketfees in Januarie wat deur Hoërskool Fichardtpark aangebied is, is daar ‘n verteenwoordigende span gekies vir die Nederland Kriekettoer. Davyd Oosthuizen, as speler en Neil van der Merwe wat die span afrig.

- Nasionale Landsdienskamp: Hoërskool Fichardtpark leerder, Schalk Botes, is verkies om die Vrystaat op Nasionale vlak te verteenwoordig.

- Vrystaat Pluimbalspan: Suzaan Kritzinger is gekies vir die o.19 Vrystaat Pluimbalspan.

- Vrystaat Junior Gholf: Drie leerders van Hoërskool Fichardtpark, Gerald Fowler, Jeandré van der Merwe en Juan Mostert, is deel van Vrystaat Junior Gholfspan.

- SA Skermkampioenskappe: Miguel Ribeiro het aan die SA Skermkampioenskappe deelgeneem.

- SANESA Ruiterkuns Vrystaatspan: Corné Rossouw is verkies vir die SANESA Ruiterkuns Vrystaatspan.

- Provinsiale Krieketspanne: Stiaan Kruger (0.19), Eben Botha (o.19), Davyd Oosthuizen (o.16) en Diederick de Vos(o.16) is gekies vir die onderskeie Motheo Krieketspanne vir die Vrystaat-week.

- Hoofleiers 2025: Fichardtpark se Hoofleiers vir 2025: Hoofmeisie: Maroné Coetzee en Hoofseun: Christiaan Kotzé.

- Hoërskole Skaakliga 2024. Hoërskool Fichardtpark se o.19A-Skaakspan is bekroon as die algehele wenners van die Bloemfonteinse Hoërskole Skaakliga 2024. Christiaan Kotzé is die “Skaakspeler van die Jaar 2024”.

- Wesgrow Sentrale Skolesport. Hoërskool Fichardtpark se eerste seunshokkiespan is aangewys as die wenners van hul afdeling.

- Vrystaat Sportsterre 2024: Matthew Durow en Judy Watson het hul skool verteenwoordig tydens die gesogte Vrystaat Sportsterre 2024 kompetisie.

- Motheo Krieketspan. Annamè Koen, het die Motheo Krieketspan gehaal.

- Nasionale Netbal Bokkieweek: Dioné van Deventer, 0.14 netbalspeler, neem tans deel aan die Nasionale Netbal Bokkieweek.

- Cheerleaders Nasionale kampioenskappe: Die All Girls-span wen eerste plek in hulle kategorie, wat hul dus dié beste span in Suid-Afrika maak. Hierdie puik span het ook die African Cup Afdeling gewen!
Die Vrystaat Cheerleadersspan verwerf ‘n tweede plek by Nasionale kampioenskappe in hulle kategorie. Hierdie span bestaan slegs uit leerders van Hoërskool Fichardtpark.


- Internasionale Wetenskap Ekspo. Henro Vorster het ‘n silwer medalje tydens die Internasionale Wetenskap Ekspo verwerf.

- SA Gym Games. Klarise Ribeiro het die Vrystaat tydens die SA Gym Games verteenwoordig. Sy het aan die Dubbel-mini trampoline, vlak 9 afdeling deelgeneem en eindig algeheel 1ste. Sy wen dus die goue medalje (SA Wenner) in haar afdeling.

- NWU Top 30 Atletiekbyeenkoms. Hoërskool Fichardtpark het as algehele wenners by die NWU Top 30 atletiekbyeenkoms in die C-Afdeling geëindig.

- Vrystaat Skole Atletiek. Judy Watson, leerder van Hoërskool Fichardtpark, het tydens die Vrystaat Skole Atletiek seremonie haar toekenning vir die 1ste plek in o.17 Diskus (dogters) ontvang.

- Cheerleading. Agt “chearleders”, Zenaydia Rossouw, Chantelize Allen, Welri Britz, Rikus Lessing, Samantha Greyling, Kelsé Taljaard, Steven du Preez en Miané Greyling het hul Vrystaat-kleure vir Cheerleading ontvang.

- Suid-Afrikaanse ‘Cheerleading’ span. Hoërskool Fichardtpark het vier nuwe Proteas. Lanché Prinsloo, Alexis Le Roux, Melissa Nel (Junior All Girls Span) en Klarise Rebeiro (Youth All Girls Span) is ingesluit in die Suid-Afrikaanse ‘Cheerleading’-span. Hulle sal Suid-Afrika in 2025 by die ‘Cheerleading wêreldkampioenskappe in Orlando, Florida verteenwoordig.

- Protea Netbalspan. Karla Pretorius, Fichie Netbal Hoofafrigter en Ané Retief, oud-Fichie, is verkies is tot die Protea-Netbalspan.

- Wiskunde prestasies. Kara Kruger is onlangs vereer as een van die top-Wiskunde leerders in haar graad in die Vrystaat, Living Math Olimpiade 2024,
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Become a Sponsor








