Presidentsverkennertoekenning verwerf. Bethlehem Voortrekker HoĆ«rskool is baie trots op Johandry Schoeman en RiĆ«l Nel wat die Presidentsverkennertoekenning verwerf het. Dit is die hoogste toekenning wat ān leerder kan verwerf op skoolvlak.
Dit is ān deurlopende proses wat die hele Presidentsverkennerloopbaan insluit en afsluit met die Presidentsverkenner Afrondingskamp. Daarna kan die Verkenner die Presidentstoekenning verwerf.
Met hierdie proses is die Presidentsverkennertoekenning vir elke Verkenner in graad 12 beskore. Hulle moet ten minste aan die minimum vereistes voldoen. Verkenners is self in beheer van die suksesvolle afhandeling van die proses. Die Presidentsverkennertoekenning word op nasionale vlak deur die Hoofdagbestuur toegeken.
Die doel van die Verkennerloopbaan tot by die Presidentsverkenner Afrondingskamp is die ontwikkeling van gebalanseerde jongmense wat hulself binne hul eie unieke potensiaal kan handhaaf. Hierdie proses beoog om elke Verkenner die geleentheid te gee om: Christelike waardes vas te lĆŖ. Liefde vir die Afrikanergeskiedenis en – kultuur te vestig. Positiewe Burgerskap te ontwikkel. Tot ‘n diensbare leier te ontwikkel. ān Wye verskeidenheid van vaardighede aan te leer en verder te ontwikkel. Blootgestel te word aan diverse positiewe ervaringe. Verantwoordelikheid te aanvaar vir sy totale mens ontwikkeling deur die voorgeskrewe proses na te kom. Om deur middel van hierdie deurlopende opbouende terugvoer uit die proses te groei.
Baie geluk aan Johandry en Riƫl met die mooi prestasie.
Trekkertrots!!!
Lees meer oor Bethlehem Voortrekker Hoƫrskool: