Praat Saam-debatskompetisie. Hoërskool Langenhoven skitter by Praat Saam-debatskompetisie 🎤✨
Hoërskool Langenhoven, Riversdal, het Donderdag, 5 Februarie, ’n merkwaardige prestasie behaal tydens die Praat Saam-debatskompetisie in George. Beide die skool se senior debatspanne het hul plek onder die Top 3 verseker. Dit is beslis ’n bewys van hul talent en toewyding.
- Derde plek: Anna Janse van Rensburg, Melieke Lamprecht en Izel Delport het met selfvertroue en oortuigende argumente hul staal gewys en ’n welverdiende derde plek ingepalm.
- Eerste plek: Nog groter vreugde het gevolg toe Chloe Abrahams, Hansie Beukes en Emmelize Lamprecht die kroon gespan het deur die eerste plek te verower. Hierdie oorwinning is ’n mylpaal in die geskiedenis van Hoërskool Langenhoven se debattradisie.
Die leerders het nie net hul spraakvaardigheid en kritiese denke ten toon gestel nie. Hulle het ook die naam van Hoërskool Langenhoven met trots en waardigheid uitgedra. Die skoolgemeenskap is uiters trots op hierdie jong redenaars wat bewys het dat Langenhoven se stem sterk en helder klink op die debatverhoog.

Lees meer uitstaande skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor









