Potchefstroom Rugbytoer. Grey Kollege Primêr se o.13D- en E-spanne, asook die o.11C- en D-spanne, het hul seisoen met groot entoesiasme afgetrap tydens ’n toer na Potchefstroom. Daar het hulle kragte gemeet teen en M.L. Fick. Die wedstryde is in ’n uitstekende gees gespeel en die seuns het ware karakter en deursettingsvermoë getoon. Hierdie begin voorspel ’n opwindende seisoen vir Grey-rugby!
Resultate:
- Grey o.11D vs Baillie Park o.11B: 56–5
- Grey o.11C vs Baillie Park o.11A: 21–19
Dinsdag, 24 Februarie
- Grey o.13E vs Baillie Park o.13B: 27–42
- Grey o.13D vs Baillie Park o.13A: 10–39
- Grey o.11D vs M.L. Fick o.10A: 33–7
- Grey o.11C vs M.L. Fick o.11A: 41–10
Woensdag, 25 Februarie
- Grey o.13E vs M.L. Fick o.13B: 26–20
- Grey o.13D vs M.L. Fick o.13A: 35–20
Rugby-uitslae teen Concordia
Grey se jong spanne het ook teen Concordia hul staal gewys:
- Die o.9A-span het voortgebou op hul goeie momentum van gister.
- Die o.9B-span het met groot karakter Impala se o.9A-span geklop.
- Die o.11A-span het in ’n taai wedstryd koning gekraai, terwyl die o.11B-span vasgeval het teen ’n sterk Impala o.11A-span.
- Die o.13B-span se kragte is deeglik getoets. Saam met die o.13A-span het hulle as trotse oorwinnaars uit die stryd getree.
Grey Kollege Primêr spreek ’n hartlike dankwoord uit aan Concordia vir hul gasvryheid en puik reëlings.






Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
https://greycollegeprimary.com/
Foto’s verskaf










