PI dag. Hoërskool Langenhoven het gister, 14 Maart, Pi-dag met groot geesdrif gevier. Dit is ook Albert Einstein se verjaardag. Die dag word op 14 Maart (3/14), regoor die wêreld gevier.
Pi (Griekse letter “π”) is die simbool wat in wiskunde gebruik word om ‘n konstante voor te stel – die verhouding van die omtrek van ‘n sirkel tot sy deursnee – ongeveer 3.14159. Pi-dag word 14 Maart gevier omdat 3,14 die afgeronde waarde van Pi is. Die Wiskunde-leerders vier dit deur te kyk hoeveel desimale syfers hulle na die komma kan opnoem.
Hulle kyk ook op die internet na die nuutste verwikkelinge om Pi te kan bereken en deel feite oor Pi. Lank lewe Wiskunde!
Hier verskyn Mev. Sonja Smith, Wiskunde-onderwyseres en mnr. Smith (skoolhoof) saam met van die graaad 11-leerders.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf