Performance Riding. Tené Martin van Welkom Volkskool was deel van die Vrystaatspan by SA Equestrian Federation. Die span het gedurende die skoolvakansie deelgeneem het aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe in Performance Riding en Working Riding. Die kampioenskappe het plaasgevind by Kyalami in Johannesburg. Tené het hier twee eerste plekke en twee goue medaljes verwerf met haar perd Storm Rider, in Performance Riding en Working Riding. Sy kry ook vir haar Vrystaat span twee eerste plekke.
Baie geluk, Tené. Volkies is baie trots op jou!