Die afgelope naweek het die baie gewilde Bestmed Gerrie Berner Tennistoernooi weer hier op die bane van Paul Roos in Stellenbosch  plaasgevind. Die Paul Roos 1ste Span het tennis uit die boonste rakke opgelewer en het die toernooi vir die 1ste keer weer gewen sedert 2013. Die afgelope vier jaar was St. Stithians van Johannesburg aan die wenkant.
Dit was die 13de keer dat die toernooi wat deur Paul Roos aangebied word, plaasgevind het. Die 12 deelnemende skole is van regoor Suid-Afrika en hierdie is die mees gesogte tennis titel op die nasionale skole kalender.
Paul Roos het deurgaans tennis van die hoogste standaard gespeel. Reeds in die rondomtalie fase van die toernooi het Paul Roos met die verdedigende kampioen St. Stithians in ‘n naelbyt wedstryd met 5 – 4 afgereken. Dit het die Paul Roosers gehelp om hul afdeling onoorwonne af te sluit.
In die semi-finaal was die seuns van Paul Roos in ‘n verwoestende bui en het die goeie span van Waterkloof, wat 2de in die ander afdeling geëindig het, met 6 – 0 verslaan.
In die finaal wat Saterdag afgehandel is, het Paul Roos hul tweestryd met Grey College van Bloemfontein voortgesit as nommer 1 span in Suid-Afrika. Grey College wat oor die dienste van Philip Henning beskik, wat uitstekend by die Australiese Ope vir Juniors gevaar en nommer 59 op die ITF wereld ranglys vir juniors is, kon egter nie die mas teen ‘n baie gemotiveerde PRG span en begeesterde tuis skare oorkom nie.
Die PRG span het diepte gewys en het hul enkelspel wedstryde op die nommer 1 en 2 posisie verloor, maar op 3, 4, 5 en 6 skoonskip gemaak. Die 3de dubbels paar het die knoop vir die Stellenbossers deur gehak deur ‘n emosie belaaide dubbels met 8 – 4 te wen. Sodoende het Paul Roos die wedstryd met 5 – 3 gewen en is weer terug as nommer 1 span in skole tennis in Suid-Afrika
Die span van Paul Roos het bestaan uit:
- Wikus Robbertse
- Ruben Fortuin
- Carl Roothman
- Jean Durand
- Andre du Plessis
- JP van den Berg
- Hugo Kotze
Die 1ste span het deurgaans uitstekende tennis gespeel. Gedurende die rondomtalie fase en uitspeel rondtes van die toernooi het die span teen die volgende spanne gespeel en gewen:
Paul Roos wen Paarl Boishaai: 8 – 1
Paul Roos wen St. Stithians: 5 – 4
Paul Roos wen St. Benedicts: 9 – 0
Paul Roos wen St. Davids: 9 – 0
Paul Roos wen Kearsney College: 9 – 0
Paul Roos wen Waterkloof: 6 – 0 (Semi-finaal)
Paul Roos wen Grey College: 5 – 3 (Finaal)
Die volgorde waarin die spanne by die toernooi geëindig het, is as volg:
- Paul Roos
- Grey College
- Waterkloof
- St. Stithians
- Affies
- HJS Paarl (Boishaai)
- Pretoria Boys High
- St. Benedicts
- Oakdale
- Stellenbosch H/S
- St. Davids
- Kearsney College
‘n Groot dankie aan al die ondersteuning van die skool leerlinge en in besondere die ouers gedurende die toernooi. Dit was ‘n reuse span poging en elke spanlid het bygedra om van die geleentheid ‘n sukses te maak.
Op die foto heel bo:Â Die PRG 1ste Tennis Wenspan (Links na Regs): Carl Roothman, Jean Durand (Kaptein), JP van den Berg, Hugo Kotze, Andre du Plessis, Wikus Robbertse, Ruben Fortuin en Oom Swannie (afrigter)