Dewalt Grové van Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch, is gekies vir die Cobras Cubs-span om deel te neem aan die Krieket Suid-Afrika streek-nuwelingetoernooi wat gedurende Januarie 2021 in Stellenbosch aangebied sal word.
Krieket Suid-Afrika se Cobras Cubs 2020-Â span is uit die spelers van die Westelike Provinsie, Boland en SWDÂ gekies.
Tydens Paul Roos Gimnasium se onlangse prysuitdeling is Dewalt ook vereer met talle trofeë wat erkenning gee aan hierdie talentvolle Paul Rooser, ingesluit die Ockie van Wyk-skild vir die belowendste krieketspeler, Handré Swartz-trofee vir die hoogste prestasie in krieket, Jean-Pierre Vermeulen-trofee vir die beste junior sportman van die jaar vir een enkele prestasie.
Paul Roos Roos Gimnasium wens Dewalt nog vele sukses toe op die krieketveld.