Foto bo: Afrikaanse Redenaarspan_PRG Forum
Paul Roos Gimnasium se redenaars het uitmuntende resultate behaal tydens die jaarlikse nasionale Radikale Redenaarskompetisie. In die Engelse kategorie het Deacon Senekal (A+), Thomas Mullineux (A+), Jack Vlismas (A+) en Liviwe Sotashe (A) met hulle toesprake beïndruk. Jack Vlismas het deurgedring tot die provinsiale rondte, terwyl Deacon Senekal en Thomas Mullineux deurgedring het tot die nasionale rondte wat later die jaar plaasvind. In die Afrikaanse kategorie het Willem Visagie, Jacobus Steenkamp, Louw Smit en Jo van Rooyen Paul Roos Gimnasium se naam hoog gehou deur almal A-vermeldings vir hul toesprake te ontvang.
Paul Roos Gimnasium leerders het ook deelgeneem aan die jaarlikse Oppie Tong Af Redenaarskompetisie waar Pellat Smith, Willem Visagie, Steffan Thielen en Sebastian Pentz almal bo 90% behaal het. Jo van Rooyen, Leigh-Rae Luitjies en Nicholas Nieman spog almal met A+ vermeldings (bo 85%).
In die Engelse kategorie het leerders Daniël van Heerden, Frans Hoffmann, Nokilaj van Rensburg, William Louw en Niel Smit almal tussen 84% en 88% behaal, terwyl Jack Vlismas met 94% spog.
Paul Roos is trots op die lede van PRG-Forum. Dit is hier waar vaardighede in die praatkunste geslyp word.
Foto’s verskaf