)

Paul Roos Gimnasium Rugby teen Oakdale

Die PRG, Stellenbosch, se 1ste XV het voor die wedstryd geweet dat dit ‘n groot uitdaging teen Oakdale op die plaas gaan wees. Die sterk wind het ook ‘n hand in die besluitneming gehad van die uitslag. Oakdale het die telbord geopen met sewe punte maar die Maroenmasjien het sy ritme gevind en drie mooi drieë aangeteken om 21-7 voor te loop.

Die tweede helfte is gekenmerk deur Oakdale wat aanhoudend aangeval het maar hulle kon nie oor die doellyn kom nie. PRG se voorspelers het begin om die oorhand te kry en saam daarmee kon hulle hul gevaarlike agterlyn wegstuur wat gate in die Oakdale se verdeging geslaan het. Die eindtelling was 42-21 in die guns van die besoekers van Stellenbosch.

Drieë is gedruk deur Remy Engebrecht, Kade Wolhuter, Jarrod Cairns en Xander Botha. Kade Wolhuter het ook geslaag met 6 skoppe.

Ander uitslae van die dag: o/19B verloor 17-29, o/19C verloor 10-20, o/19D gelykop 10-10

o/19E verloor 21-35, o/19F wen 17-15, o/19G wen 27-22, o/16A verloor 21-38, o/16B verloor 14-15

o/16C verloor 15-20, o/16E verloor 0-19 teen Oakdale o16D, o/15A verloor 10-36, o/15B wen 12-10

o/15C verloor 5-40, o/15D verloor 10-40, o/14A verloor 8-17, o/14B wen 14-5, o/14C verloor 14-24

o/14D wen 40-5

Paul roos 2

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal