Vyf leerlingraadslede het PRG Woensdagaand by die jaarlikse Remgro Schools Programme verteenwoordig.
Die Hoof Uitvoerende Beampte van Mediclinic, Ronnie van der Merwe, het as gasspreker oor leierskap gepraat. Mnr van der Merwe het die leerders daaraan herinner dat hulle, as leiers, se besluite nie oor hulself gaan nie, maar juis oor die mense wat hulle lei. Veral in tye soos dié, moet leiers goed kommunikeer en altyd hoop skep.
Hierdie was een van vier ontmoetings vir die jaar tussen die lede van die Stellenbosch SC Board wat bestaan uit leerlingraadslede van: Makupula Secondary, Lückhoff High, Stellenzicht Secondary, Hoërskool Stellenbosch, Kayamandi Secondary, Kylemore High, Rhenish Girls’ High, Hoër Meisieskool Bloemhof en Paul Roos Gimnasium.
Foto’s verskaf